Suid-Afrika vs. Buiteland
Was nou die anner dag weer in Suid-Afrika, en julle klomp wat in Suid-Afrika bly weet nie waarvan julle praat wanneer julle so teen die ouens praat wat in die buiteland bly, oftewel ex-pats, nie.
Sommer net die lekkerste om te ry, waar jy weet almal darem nog reg ry soos ons geleer het, was ‘n paradys. O ja, so terloops, ek is ‘n Saudi Arabië ex-pat. Maar dis wragtig nie sports om hier te werk nie, ek beloof julle.
Vandag so half-nege gou–gou dorp toe gery om vinnig tamaties te koop. Daar is so paar groot thermometers op verskeie strategiese plekke opgerig wat die tyd en datum en tempratuur vir mens wys. Daai digital goeters. En toe was die temperatuur darem net 49 grade C. Jip, ek maak nie n fout nie, en ek is ook nie dronk nie. Dis wat dit nou is, so in die dag. So terloops, hier is ook geen drank te kry nie. Dis die main Islam staat in die Midde Ooste. Miskien ook goed want baie mense se koppe sal heeltemal uit haak.
O ja, laat ek terugkom na daai ding wat die ouens sê dis so lekker om in ander lande te werk. Dis die grootste klomp strooi wat mens kan uitdink.
Dink eerder dat ons hier werk om vir ons mense te sorg in Suid-Afrika.
Ja man, elke maand stroom daar seker n klomp miljoen dollars na Suid-Afrika, afkomstig van al die mense wat so oorsee werk. En dit is wat die ekonomie ‘n lekker hupstoot gee.
Maar OK, dis die lekker kant, maar net soos die ouens wat in Suid-Afrika werk, is elke maand se pay tog waarvoor ons so suffer.
Maar kom ons dink bietjie verder. Nou kan ons nie net sommer n braai hou of n bier gaan drink en ons sê, vrinne en vyande nooi nie. Nee, want ons sit mos êrens tussen Moerlandspan en Gatjiekol. Ons kan nie sommer vir Ma en Pa of Boet ens. die hele garde gaan kuier en ‘n vinnige koffietjie drink nie. Nee, ons is bleddie ver! So ons sit maar en wag vir die volgende vakansie, dikbek maar sien uit en bid sommer meer. Maar aan die ander kant (die lekker ene) sien ek nou meer van my familie wanneer ek gaan kuier want ek maak ‘n punt daarvan om hulle te gaan sien. Jy sien, mens besef ook so in die buiteland, dat elke keer wanneer jy jou mense sien, kan dit die laaste sien wees. En dis nie dat dit net ‘n bekommernis is nie, dit gebeur.
So is ons buitelandse Suid-Afrikaners, nogsteeds in die land. Is maar dieselfde as wat ‘n ou in ‘n ander stad gaan werk, soos Johannesburg en jou mense bly in die Baai. Ek weet in elk geval daar is baie mense wat in dieselfde stad bly en minder by hul familie uitkom. En dan het ons maar net geleer om meer te bid vir ons en onse mense wat ook ver is. Partykeer besef ons hoe belangrik ons mense is vir ons siel.
Geniet Suid-Afrika …. en bid maar saam met ons.
Distiliseer jou Afrikaans : Voetspore in die sand
Onthou toe jy klein was en op die strand gespeel het… onhou jy al die voetspore op die strand…jou ma het jou gesiggie besmeer met sonskerm dat dit wit is.
Terwyl sy probeer het om dit reg te kry, het jy jou neus opgetrek en oë styf toegeknyp, al is die hele proses nie regtig so erg nie.
Ek het by die see grootgeword, en dit was altyd lekker om by die kombuis venster uit te kyk en die see in die verte te sien. As kind het ek te lekker in die sand gespeel, maar ek was nie altyd mal daaroor om strand toe te gaan nie. Ek’t dit verpes as die wind so teen my bene waai en so seermaak, ouch! Maar oor die algemeen was dit baie lekker om strand toe te gaan.
My ma het toebroodjies en vrugte gepak en dan het ons picnic gaan hou. Ons 4 kinders het sandkastele gebou en mekaar in die sand begrawe.
Een van my gunsteling dinge van die strand was om agter my pa aan te stap en in sy voetspore te stap.
Dan moes ek groot tree gee om hul by te kom. Dit was interessant om te sien hoeveel groter sy voete as myne was, ek het myself daaraan verwonder. En die strand is so vol voetspore, dis snaaks om na die verskillende voetspore te kyk en te sien hoe mense trap ook.
Saam met my pa, agter hom aan het ons rooi aas gesoek, in die poeletjies rondgeplas en ure op die strand spandeer.
Vandag is my voetspore nie meer so klein nie, maar ek sal steeds agter hom aanstap en een vir een die tree volg.
Die nuwe wet – Online Casinos
So ons land het toe besluit om online casinos onwettig te maak.
Daar is duisende mense wat al vir jare lank online casino games speel by casinos soos Silver Sands en Piggs Peak. Die nuwe wet is heeltemal belaglik, hulle se dat as hulle jou vang by online casinos, kan jy beboet word met R10 miljoen of 10 jaar tronkstraf.
Alle online casinos word ook nou verhoed om in Suid Afrika te wees.
Hulle het selfs online poker onwettig gemaak. Raai wie is agter die hele storie? die Gauteng Gambling board (die ouens reguleer land-based casinos in Suid Afrika). Die land-based casinos het seker hard gestoot om hierdie wet in te stel want hulle het seker gevoel hulle verloor spelers. Hoekom wil mens by ‘n land-based casino gaan dobbel as jy gerieflik by jou huis jou slots kan speel, veral met die hoe crime syfer. Die hele storie is belaglik, ek gaan nou nog minder by land-based casinos gaan dobbel. Hulle sal my maar moet opspoor want ek gaan beslis nog by online casinos dobbel. Ek weet baie van julle gee nie regtig om oor hierdie wet nie of stem glad nie saam met dobbel nie, ek voel ook dat dobbel nie reg is as jy dit doen terwyl jou familie daaronder lei nie. Maar my punt is dat die Gauteng gambling board nou skielik vir ons beluite wil maak (so asof hulle ons belange op hulle hart dra). Al wat hulle wil doen is om die R16 biljoen casino industrie in Suid Afrika wil beskerm (hulle wil meer geld maak met hierdie wet). Dit gaan alles oor geld!
Die enigste oplossing vir hierdie probleem is as al die online gamblers in Suid Afrika besluit om die land-based casinos te boycot. Ek is seker die meeste online gamblers maak ook ‘n draai by hulle local land-based casinos so af en toe. Deurdat die mense hierdie land-based casinos boycot, gaan die Gauteng gambling board vinnig moet dink anders gaan daar groot verliese plaasvind.
Ek hoop alles werk uit met die Suid Afrikaanse online casinos
Jy weet jy’s ‘n Kanadees wanneer…
Kanadese is ander kreature. Hier is ‘n paar goed wat tipies is van die spesie, veral dies in Alberta. As jy baie van die lysie kan afmerk, dan weet jy…
Jy weet jy’s ‘n Kakandees wanneer…
1. …jy recycle
2. …jy organic kos en produkte koop en aanhang
3. …die hele familie gaan fietsry saam
4. …jou kinders helmets en kneepads dra wanneer hulle fietsry – al is hulle heelwat ouer
5. …jy jou voertuig stop vir voetgangers, of hulle nou oor die zebra streep loop of jaywalk
6. …jy se “ey” aan die einde van jou sin
7. …alles wat jy se, veral ‘n stelling, soos ‘n vraag klink
8. …jy coupons gebruik
9. …jy elke winter sneeu shovel
10. …’n gas barbeque het
11. …wanneer jy soms winkel toe gaan in jou PJ’s en pantoffels
12. …jou kinders in carseats sit tot hulle 7 jaar oud is (eintlik ‘n baie goeie wet!)
13. …jy se “aboat” en nie “about” nie
14. …jou moeder taal Engels is, maar jy maak foute met “you’re” en “your”; of “they’re” en “their”
15. …jy praat van 1 dollar as ‘n looney, en 2 dollar as ‘n tooney
16. …jy (dames) nie make-up werk toe dra nie en nog so bietjie deur die blare lyk
17. …jy (mans) in die olie bedryf werk
18. …jy (dames) natuurlik kraam
19. …jy “amish” mense in die dorp sien
20. …jy in die winter yshokkie speel of skaats op jou “dugout”
21. …jy ‘n groot yshokkie fan is
22. …jy se “ca-yoat” en nie “ca-yo-tee” nie
23. …daar bear warnings of cougar warnings is in jou omgewing
24. …daar ‘n moontlikheid is dat daar ‘n tornado kan wees in jou omgewing
25. …daar moose, elk, en soortgelyke wild op die paaie is of soms selfs in jou straat of agterplaas
26. …jy ‘n massiewe motorhuis (RV) besit
27. …jy mal is oor kamp
28. …jy somers beleef waar die son eers 23h00 sak
29. …jy ‘n bakkie ‘n “truck” noem
30. …jy nie ‘n ingeboude swembad in jou erf het nie, en om te een is vreemd
31. …jy ‘n litterbox gebruik vir jou hond
32. …jy grondboondjiebotter en piesang saam eet
33. …jy nooit pannekoek, plaatkoekies, ens. self maak nie – altyd pakkies van dit koop
34. …jy sien die produkte is in Engels en in Frans
Kanada uit my oogpunt – Winter en Sneeu
Ja, dis waar… die winter in Kanada is nie so sleg nie, die sneeu maak dit die moeite werd.
Daar is stede in Kanada soos Calgary waar dit glad nie so extreme is soos hier in Grande Prairie nie, en.. wel, daar’s plekke waar dit way erger is, soos Yellowknife. Snaaks dat ‘n plek die naam “yellowknife” het..daar is ook “Medicine Hat”, “Moosejaw” en “Head-smashed-in-buffalo jump”. No kidding! Ek kan net die native Indiane hoor met daai accent, “head smashed in buffalo..he jump off cliff, now head smash on rock”. Dis actually wat gebeur het, so they say. Baie plekke in Kanada het sulke native Indian name.Om terug te kom na die punt.. dit raak maar vrek koud hier (en sneeu baie).
Die son skyn darem die meeste van die tyd in Kanada, so dis dalk -20C buite, maar die son skyn en die lug is mooi blou, en daar le sneeu orals.
Wanneer dit sneeu in Kanada kan jy jou verwonder daaraan. Ek sits soms by die venster en staar bloot daarna. Die klein sneeu flokkies is so mooi en fyn. Wanneer dit klaar gesneeu het le daar sulke bondeltjies sneeu in die boom in ons voorste erf, en die voeltjies kom eet die rooi bessies van die boom af. Dan sit die twee katte in die vensterbank en “me-me-me” so vir die voeltjies. Die katte het nog nooit eers boom geklim nie, so ek weet nie van voels vang nie. Ek sou hulle graag wou laat boom klim, maar daar is net nie soveel geleentheid daarvoor nie. Die boom in die agterplaas is so lang dun ene, en die voorste een is ook nou nie die lekkerste klim boom nie. Daar’s ook nogal verkeer wat voor die huis verby gaan, so ek dink die twee felines is bietjie bang daarvoor.
Dis iets om aan gewoond te raak in Kanada – wanneer die gas verhitting van die huis (‘n furnace noem ons dit) elke 15 minute of so aangaan.
Dit raak al vir ons soos white noise, mens kom nie meer so erg agter as jy hier bly en dit al ervaar het nie, maar vir ‘n nuweling is dit nogal vreemd. Ek onthou die keer toe ek in Saudi Arabie was (no kidding, ek was regtig daar), toe skrik ek my boeglam toe die een arab oor die luidspreker begin ‘roep’ vir die mense om te gaan bid. Dit was vroeg, so 05h30 of iets. Ek dog ons word aangeval of who knows what, maar jeepers, ek’t geskrik! Darem freak die furnace mens nie so uit nie.
Wanneer dit so week of twee -40C tref, dan vries die vensters op plekke. Dit maak die mooiste ys kristal patroontjies. As jy uit gaan, wat mens probeer vermy, dan snak jy behoorlik na jou asem. Ek onthou die eerste winter toe ek hier was, en seker laas winter ook, het ek so gesnak na my asem en as dit nie gebeur nie, dan hoes mens van die koue.
Ek’s seker die winter kan baie pret wees ook. Mens moet net sorg dat jy uitkom, en as dit sneeu is dit net soveel meer pret. Op dae wat die son lekker uit is, en dit so -20C (of minder) is, kan mens gaan ski, snowboard, op ‘n slee ry, cross country ski.. daar’s menigte winter sport aktiwiteite wat mens kan doen, dit hang net van jou, en jou beursie, af. Ek dink ook vir die kinders wat hier groot word is dit baie lekker om winter te he. Ek weet my Suid-Afrikaanse neef se 3 seuns is mal oor die winter en sneeu.
Aan die begin van die winter is die paaie maar gevaarlik. Ook aan die einde, wanneer die sneeu smelt. Dan is die paaie verskriklik glad. Wanneer die ys op die pad gevries is noem hulle dit “black ice”. Manlief het al erg gegly op die paaie wanneer dit so glad is, dan verloor mens beheer oor jou kar en jy gly voort, of jy nou wil of nie, en dis dan wanneer jy hard bid dat niks ergs gebeur nie. Mens sien ook op erge sneeu dae tussen die stede baie karre wat so in daai middelste area tussen die 2 paaie wat in verskillende rigtings ry ingery het. (Sjoe ek weet nie of ek dit nou mooi verduidelik het nie?)
In die somer is daar nou weer ander dinge wat nie so lekker is nie. Die dae is lekker warm, gewoonlik so in die 20C op ‘n lekker dag. Die son skyn en daar is ook bietjie donderstorms – alhoewel die donderstorms hier kan kompeteer met die Vrystaat sin nie. Wanneer mens gaan stap, dan moet jy net pasop vir muskiete. Dis nie klein muskietjies soos wat ons Suid-Afrikaners ken nie, hulle is bietjie groter. Mens sien soms sulke bondels, donker kolle, …’n swerm muskiete, dis mos ‘n nagmerrie op sy eie! Wanneer die muskiete ‘byt’ voel jy dit darem nie so erg nie, en dit jeuk minder as wat ons Suid-Afrikaanse muskiete sin jeuk. Behalwe muskiete is daar ook sulke klein bugs, ek noem hulle “strepies”, want die ding lyk net ‘n klein strepie. En ek’s nie skaam om te se, ek haat strepies, nie. Okay fine, ek haat amper alle insekte, maar die strepies is aaklig! Hulle byt ook! Wanneer ek en baba gaan stap, dan voel mens net ‘n byt, en as ek kyk, is daar ‘n verdomde strepie op my arm! Uhg!
Ek’t die ander dag toe ons gaan stap het in die park, 2 eekhoringtjies gesien – die een het die ander een gejaag, dit was so adorable!
So elke seisoen hier het maar sy eie issues. Lente bestaan nie regtig nie.
Ons winter begin seker so in Oktober en eindig dalk in April, maar die langnaweek in Mei het altyd ook nog sneeu.
Teen Junie kan mens dit waag om ‘n kortbroek te dra en seker plakkies ook. Julie en Augustus is nogal lekker en mens kan darem die son geniet.
O, moenie vergeet dat dit moontlik is dat hier tornado’s kan wees in die somer nie. Daar was laas Sondag een – net so entjie Suid van ons dorp. Dit was darem net ‘n touch-down dink ek – so dit beteken hy’t gevorm en die grond geraak, en toe weer ontbind.
So winters moet jy pasop vir frostbite – dra maar jou earmuffs en mussie, handskoene of mittens – almal lyk maar simpel genoeg en fashion is nie so belangrik hier nie. En somers moet jy ‘n oortjie oophou vir tornado warnings!
Maar talking about fashion!! Canadians kan lekker lui mallies wees! Ek het al baie gesien wat so in die winter (gewoonlik) in ‘n winkel is in hul pajamas! For real mense! Dan lyk die man/vrou so deur die blare – duidelik nou net uit die bed geklim en besef daar is nie melk vir koffie nie; toe spring die siel in die kar en ry winkel toe, so in ‘n dwaal; daar klim die werfetter uit en koop brood of melk, so in pajamas en pantoffels, sonder dat hy/sy ‘n vinger gelig het om iets aan hul hare te doen, nie gepraat van gesig afspoel of make-up opsit nie. Ai ai ai, as dit daarby kom kan die Canadians regtig maar by ons Suid-Afrikaners leer. Ons is 99% van die tyd netjies aangetrek, al gaan jy net gou melk koop. Maar ons Suid-Afrikaners kan nou weer bietjie aan ons hoogmoed werk. Ek weet ons is superior, maar ons moet dit nie te ver vat nie okay? Wel ek skat dit sal anders wees as ons mense die koue moet ervaar.. dalk sal ons dan nie so op mekaar neerkyk nie.
Ek sien so uit na ons vakansie in Suid-Afrika wat kom. Ek kan nie wag om ‘n nag na die sterre te kyk en die bekende 3 susters te sien, die Suiderkruis, Orion’s belt… Dis vreemd as mens na die sterre kyk en nie weet wat daar bo aangaan nie. Big dipper? Huh? Wat en waar is dit? Ek sien uit na die reuk van die grond net voor dit gaan reen in Bloem. Ek sien so uit vir die see sand onder my kaal voete. En ek sien al in my geestesoog hoe my seuntjie die sand in bondels in sy mond gaan sit en eet! Kan nie wag om aan die linkerkant te bestuur nie – as ek myself imagine bestuur, dan sien ek dit al dat ek aan die regter kant sit, soos hier… Ek wil van my trollie afraak as ek dink ek kan weer Afrikaans rondom my hoor! En die familie is die beste! Sien verskriklik uit om hulle almal weer te sien. En wow, Desember is dit Geloftedag! So yay! Ek kan nie wag vir die geloftekamp nie!! Ek werk myself nou op, daar’s nog 2 maande oor voor die laaang vlugte huis toe.. vasbyt self!
Sjoe, dis ‘n mondvol! Nog van Kanada en al die ditjies en datjies hier volgende keer wanneer ek weer ‘n brain spark gehad het. :P








