Groupon in Suid Afrika
Baie van julle het seker al gehoor van “group buying” sites soos Living Social en Groupon.
Suid Afrika het ook so paar jaar terug begin met hulle eie weergawes van Groupon. Net om ‘n paar te noem; Twangoo, Wiscount en Eisch Coupon. Twangoo was die grootste en sekerlik die mees populere ene.
In Januarie 2011 het Groupon vanuit Amerika Twangoo oorgekoop. Twangoo staan nou bekend as Groupon se “My City Deal” .
Wat gaan dit alles beteken vir Suid Afrikaners? Wel, Groupon is a multi biljoen dollar maatskappy met jare se ondervinding. Hulle het die geld en personeel om “My City Deal” tot nuwe hoogtes te vat in Suid Afrika. Ek het in die verlede so af en toe op Twangoo se site gaan kyk, hulle het net altyd “deals” vir Kaapstad, Johannesburg, Pretoria en Durban gehad. Nadat Groupon oorgeneem het is Pietermaritzburg, Nelspruit, Stellenbosch, Bloemfontein, Soweto, PE en Oos London ook op die lys.
Hoe werk “My City Deal“? Hulle sit elke dag ‘n nuwe “deal” op hulle site (vir elke stad) wat mens kan koop vir tot 70% afslag. Daar moet egter ‘n sekere hoeveelheid mense wees wat die deal koop voordat die deal deurgaan (Group buying). Om mooi te verstaan hoe dit werk kan julle gerus hier lees. Gaan kyk gerus watse deal hulle vandag het in jou stad:





