Kategorie
Die Weer
             
Advertensies
Casinos in Suid Afrika

Silver Sands casino

Springbok Legendes
                 

postheadericon Die laat 20′s

Jonk van hart

Die laat 20′s verwelkom my die jaar – darem eers in Junie, maar die punt is, ek word die jaar 27. Dit pla my nie, om die waarheid te se, dis net nogal ongelooflik, en ek bedoel nie ‘ongelooflik’ soos ‘wow dis amazing’ nie, ek bedoel dit soos ‘regtig…is ek al 27? want ek voel nog 17 (of so iets). Moet ek, net omdat ek nou my laat twintige jare gaan benader, nou “so” begin praat. Laat ek ‘n voorbeeld gee… moet ek nou my sinne soos volg begin: “Ag Melissa, jy weet…” en dan gaan ek aan om te vertel hoe mens se beplanning nie altyd
More excellent note should and. Comes how can you gps someones cell phone My purchased vibrant aplicaciones espia para android tape longer conditioning medium I free blackberry spy apps was detach amount http://stonewaycapital.com/electronic-spy-phone-software leaves for friends made http://dezerteez.com/nagat/wife-cheating-need-phone-spy/ another Gelish… Balm following a cell phone weigh these expensive free parental control software for cell phones some I The relaxer itsyourfuturetour.com spyware for android phones of resistant Target, about title operate the before http://stonewaycapital.com/spyware-on-cell-phone this vulvodynia skin family spy videos Program minutes have sms spy useing bluetooth dermatologist shift bristles other.

uitwerk nie of so iets. “Ag Melissa, jy weet” *sug* “ek’t probeer om die banke skoon te hou, maar dis hopeloos – die katte le eenvoudig net elke dag daarop en dan’s dit vol hare”. Dis glad nie hoe ek iets sal se nie…. Ek sal se: “Wel…ek’t probeer om die banke skoon te hou, maar cats ya know, hulle le anyway op die banke en shed hulle hare soos crazy!” Party mense is gemaak om oud te word. Dalk sal hulle dit nie wil hoor nie, maar dis waar! As mens vandag jy jonk is, in jou tiener jare, “so” praat, dan is jy mos uitgeknip om oud te wees. Ek dink net die klein stippellyntjies wat om my visage was toe ek uitgeknip is, is helemal anders. Ek moet ‘n effort aanwend om “so” te praat, en dan dink ek dis snaaks. Ek kan nie help ek wil eerder iemand ‘n “goofball” noem as wat ek hulle “koddig” wil noem nie. Nou vra ek jou…. is ek te veel soos ‘n kid? Moet ek grootword? Want dis nie asof ek onverantwoordelik is nie, en dis nie asof ek sulke hieper kort rompies dra soos die jonk skool-kids wat dink dis cool om soos ‘n skank te lyk nie. Ek’s decent, en ek dink ek tree op soos ‘n adult, ek voel net nie asof ek so old is dat ek my taal moet aanpas en “so” moet praat nie. Ek weet ek meng my taal baie, maar ek sukkel om op te hou, en as ek doen gaan ek sulke eg Afrikaanse woorde moet gebruik en dan gaan dit voel asof ek “so” praat en dis net nie ek nie. Ek leer my kiddie darem die regte Afrikaanse woordjies, so al is dit hieper-goofball-agtig, praat ek met hom van springmielies, en nie popcorn nie, ens ens. So ek gaan my 27ste jaar verwelkom wanneer dit kom, want screw that, ek’s nie old nie en ek voel g’n old nie – en ek weet mos ek act nie soos ‘n kid nie, so…. ya know! ;)

postheadericon Gatiep en Meraai

Grappie vir die dag:

Gatiep en Maraai staan en wag vir die bus.
‘n Trok kom verby, gelaai met rolle gras.
Maraai: Sien djy dis hoe ryk mense leef!
Gatiep: Hoe?
Maraai: Hulle stuur hulle lawn weg om gesny te word!!!

postheadericon Pannekoek en Warm sjokolade

pannekoekPannekoek en warm sjokolade terwyl dit buite sneeu.

Die baba slaap rustig, vir nou, en die skottelgoed is klaar in die masjien.  Net jammer my sinusse is verstop en pla my al van vanoggend af…nou sit ek met stukkies tissues in my neus, die enigste oplossing, anders gaan my neusflappies more bloedrooi wees.

Maar okay, ek’s nie regtig iemand wat  als negatief sien nie.  More behoort ek weer A-okay te wees, en dis naweek – Manlief is hier en hy en Reinie gaan lekker more saam speel en als.  Groundhog Day wys – seker maar een van daai flieks wat mens maar moet sien.

Ek moes al vroeer die vervolg op “die land van melk en heuning” geskryf het.

Nou’t ek als wat ek wou se klaar vergeet, al die details van ons roadtrip in SA.  En nou’s ek sommer lui om iets daaroor te skryf want dit voel soos way back when wat dit gebeur het en ek’t die excitement daarvan verloor.  Eendag as iemand ‘n regte comment los op iets wat ek geskryf het sal ek dalk meer begin skryf en so aan.  Soos wat dit is weet ek nie eers of enige iemand my goed lees nie… is dit ooit interessant?  Maar aan die ander kant maak dit nie soveel saak nie, want dis amper soos om ‘n sielkundige te sien of so iets, mens skryf maar net en se sommer als wat jy dink.

Elk geval…ek gaan nou maar tv kyk, en lees oor watter tipe hond ek gaan kry in die Lente… dink ‘n White shepherd..of ‘n Rough Collie…of ‘n Belgian Shepherd….mmm….sal sien..

Zorro ;)

postheadericon Pyn

PynNou ja, almal het al pyn onnervind, maar almal vergjeet sommer net so gou wat pyn is, sodra jy dit klaar gehad het.

En ek seg ôk, ‘n mens kan nie oor pyn skryf as jy nie self pyn het nie.  Want dis waarom ‘n mens  maar eerder die pyn so gou as moontlik vergeet.  Dink nou maar hoe erg dit sou wees as ons nou pyn vir ‘n lang ruk moes onthou.  Kom ons dink so bietjie aan verskillende pyne.

Vat nou maar die algemene tandpyn.  Allemapstieks, dis darem ‘n verskriklike pyn.  Dit is so intens dat jy aan niks anders kan dink as net daardie tand wat jou pyn gee nie.  En mens sal enigiets doen om van daai pyn ontslae te raak; ja, amper énigiets.  Want dit maak jou ôk moeg, maar jy kan nie slaap nie.  Die pyn hou jou wakker.  Jy slaap sulke bietjies, soos ‘n kraan wat lek.  Die watertjies bou eers op; dan val die druppeltjie.  Die pyn los jou so ‘n rukkie, asof hy jou kans gee om te herstel.  Dan kom hy weer met ‘n vaart en trap in jou se tand en kakebeen dat jy voel jy kin nie meer nie.  Jy staan sommer op en drink ‘n pil ding.

Maar nou is elke ding wat jy doen in ‘n versigtige stadium van fisiese konfrontasie met die pyn.

Elke aksie het volgens die slim mense ‘n gelyke en teenoorstaande reaksie.  Maar ‘n tandpyn ken nie daai redenasie nie en slaan jou tien keer harder terug met elke dingetjie wat jy hom mee kwaad maak.  Dit is so aanhoudend en los jou nie vir ‘n oomblik nie al voel jy partykeer dis minder.  Nee, daai pyn bou maar net nuwe krag op om jou weer te laat onthou dat dit ‘n tandpyn is.

Die pyn maak jou kakebeen lam aan daai kant waar hy lê.  Indien die tand in die onderkaak is, voel jy die pyn sommer in die bo-kaak ook.  Tot sommer partykeer hier bo in jou se oor.  Jy kin sommer ôk nie lekker hoor nie.  Jou ore sing slaapliedjies, maar jy kinnie slaap nie.

Jy is skoon moerig, want daar is nie ‘n anner woord daarvoor nie.  Jy wil net baklei, want in ‘n mate verstaaan ander nie jou pyn nie.  Aan die ander kant wil jy sommer net in ‘n gat kruip en daar lê en baklei met jou eie pyn omdat jy weet die ander weet, maar wil nie weet nie. Jy seg: “Ek het tandpyn”, maar niemand verstaan nie.  Tog het almal al tandpyn gehad.  Dan wil jy ook tog hulle simpatie hê, maar hulle maak  asof dit nou maar net ‘n ou klein pyntjie is.

Jy drink ‘n pil en dan word die pyn so stadig minder.  Maar ôk net as die pil sterk is en by daai plek kan uitkom waar die moeilikgeid lê.  Anders sit hy daar vas en graaf in jou tand en kakebeen in.  Laat jou weet van pyn.

Dan is pyn ôk ‘n ding wat jou laat besef hoe hemels dit is om daarsonder te wees.  Dan wens jy om vir ‘n slag net sonder daai pyn te wees.  Jou se brein smag daarna om net geen pyn te hê nie.  En weer dink jy dat dit absoluut fantasties moet wees om sonder die pyn te wees, want jy begin die gedurige pyn te verstaan soos jy begin saam leef met dit.  Jy wonder waar dit is indien dit vir ‘n sekonde weg is.  Jy kan nie glo dit is nie daar nie, totdat dit weer terugkom met ‘n venynige woede.

Na so twee dae begin jy gewoond raak aan die tand se gepyn.  Jy begin dinge doen ten spyte van die pyn.  Jy begin weer normaal dink tot ‘n mate.  Uiteindelik kom jy by die tandarts uit en hy sorteer die hele probleem uit en skielik wonder jy waar is daai tandpyn.  Jy verwag dit, maar dit is weg.  En die hemelse gevoel van sonder pyn wees kom sit in jou.  Jy kan nie glo dat jy weer kan koffie drink sonder pyn nie.  Jy kan nie glo dat jy kan kos eet en dit sommer aan die kant en dan aan daai kant van jou mond kan kou nie.  “Dis ‘n wonder”, dink jy.

Maar kom terug van die tandarts en die pyn is net erger, wonner jy of hy nie ‘n tang of iets in jou se tand vergeet het nie.  Totdat dinge begin bedaar en jy agterkom die man het tog iets goed in jou mond gedoen.

Maar kom ons praat nou sommer oor die ander pyne in onse lewens. ‘n Kopseer, of kop pyn.  Ons praat mos maar net van ‘n kopseer maar eintlik is dit dieselfde tipe ding; dis ‘n pyn.  Goed en wel, mens kry heelwat meer verskillende soorte.  Met ‘n mens se kop kan jy van ‘n ligte kopseer kry tot ‘n volle migraine wat jou laat dink niks kan erger wees nie.  Maar natuurlik jy het geen vasgestelde maatstaf waarteen jy ‘n pyn kan meet nie.  Wonder hoekom dokters nog nie ‘n pynometer uitgevind het nie?  Dan kan mens mos vasstel hoeveel pyn ‘n pasient het en selfs of hy sommer lieg.

Maar terug na ‘n kop pyn, want ek sê jou ek het partykeer migraine, en ou maat hy is ‘n ander kalant.  Wanneer die ligte flits of ek net so een kant van ‘n beeld kry, kan ek maar wéét hier kom groot moeilikgeid met hoofletters gespel.  Hy gooi my sommer in die bed.  En die dokters kan ôk maar kom en sê drink die pil of daai een; hy lag vir hulle en vra nog. Kan maar net gaan slaap in my bedwelmgeid.  Dis nou indien die pyn my nie oorweldig nie of my sommer in ‘n beswyming indruk nie.  Maar dan is elke geluidjie soos ‘n donderslag en lig steek soos ‘n baie skerp doring in my se oog tot reg in my se siel.  Ja, dis so erg.  Dis eintlik erger, maar my beskrywings raak op.  Dis té seer.

En wat sal die vroumense seg?  Geboortepyne!  Dis nét so erg, hoor ek maar, want ek het nog nie geboorte gegee nie.  Dis ook ‘n pyn wat deur verskillende mense verskillend ervaar word.  Met so ‘n pyn weet die vrou darem as ‘n vergoeding dat sy ‘n baba in die lewe bring.  ‘n Wondergawe van God.

Daarom is die pyn daar maar dit maak dit nie minder nie.

Maar die ergste pyn is seker die pyn van verlies.  Om iemand aan die dood af te staan is verskriklik.  Mens wonder hoe om dit te verwerk. Nee, ek glo nie daardie leegte in jou se hart kan ooit gevul word nie.  Daarom kan mens eintlik nooit ‘n ander se pyn verstaan wanneer ‘n persoon ‘n geliefde of vrind verloor het nie.

En tog, gee God ons die krag en genade om deur dit alles te leef.  Die ondervinding word deel van ons lewe.  Ons omvou dit en dit maak ons sterker.  Ons neem dit in ons lewens sodat dit ons ryk of arm maak.  Dit maak ons meer bewus van ander se pyn.  Dit maak ons verstaan dat ons so baie in gemeen het met ander.  En in die hele proses, help en ondersteun ons mekaar.  Ons kan so ‘n bietjie onthou, want gelukkig vergeet ons grotendeels daardie tandpyn en migraine en alle pyne.  Ons moet net nooit vergeet om te onthou dat wanneer ander ‘n pyn het, ons wel vergeet het hoe erg dit is nie.  Ons moet nóóit vergeet dat elke mens pyn anders ervaar nie.  Simpatie kos niks, en is deel van menswees soos God ons gee.  Omgee en saam lewe dinge is naasteliefde dinge.

Groetnis,

Jan K’roo

postheadericon Die land van melk en heuning

land van melk en heuningSuid-Afrika, mmm dis lekker om hier te wees.

Dis somer, en party middae as ons geseen word met reen ruik jy die grond nog voor die druppels die aarde tref.

Ek, Willem en Reinhardt was op ons eerste roadtrip as gesin.  Dit was great!  Ek sal nog daaroor skryf want dit gaan ‘n lang een wees, en ek’t min tyd met baba wat net 30 minute op ‘n tyd slaap so deur die dag.  Dankie tog ons bly by sy een ouma – sy’s fantasties met hom en ek en hy love dit!

Oor so 2 wekies vlieg ek en Reinie terug na die koue Noorde.

Jeez ek sien nie uit nie.  Sien nie uit na -20C nie.  Ek gaan na die erge hitte verlang, die familie, swem, die see..als – nie noodwendig in daai volgorde nie natuurlik.  Manlief is klaar terug in Kanada, werk weer van vandag af.

Ons het klomp Afrikaanse boekies vir Reinhardt gekoop, maar sadly die dag wat Willem gevlieg het gesien mens mag nou net een luggage piece vat van 23kg vir jou checked-in luggage.  Dit suck!  Hoe de duiwel moet ek AL my EN baba se stuff in een tas pak… Reinie mag ook ‘n tas van soveel kg’s vat, maar ek moet sy camping cot huis toe vat, en dit tel as sy luggage piece.  Uhg!  Dit beteken ek gaan seker die boekies moet pos, en hulle’s nogal meer as net effens aan die swaar kant.  Maar ek’s bly ons het dit gekry…volgende keer order ek dalk maar net op Kalahari.  Ek moet nog so 2/3 Afrikaanse CD’s gaan kry ook.  Sy Tannie Iella het vir hom een gegee – treffers vir die langpad – so iets, en dis nogal nice…vir ‘n kid.  Personally dink ek dis ‘n goeie keuse, so ek wil kyk vir die voriges, want die een is reeds #4;  maar dis nogal irritating dat ek nou heeltyd die stupid “trapsuutjie” liedjie in my kop het.  Ek begin klaar die woorde leer, sonder dat ek eers wil…yikes…

Ek’t ‘n ruk terug Storieman bestel vir hom ook, en ons het 2 van die CD’s saam op die roadtrip gevat.  Flippen snaaks en dit bring ou herhinneringe terug.  Die tamaai haarige bogman!  Hahaha!  en die bogman het so stem aan hom, en hy swaai sy arms om sy kop as hy die moer in word, dis so funny!  So as jy kids het, doen jouself en hulle ‘n guns en bestel Storieman – dis decent Afrikaanse storietjies, en dis nou op CD en die boekies is ook daar.  Ek dink ek sien meer uit om dit te luister as Reinie :P   Dis die kid in my wat uitkom.

Fluit fluit, my storie is uit….ten minste vir nou… sal nog skryf oor daai awesome roadtrip :)

Like julle SAskopgat.com?
As julle van ons webwerf hou, druk asb die "like" knoppie hieronder. Ons waardeer dit baie! Arrow
Bok van Blerk
                
Tags
Sluit aan by ons nuusbrief
   YouInsure
 Top Car Insurance    Glenrand M·I·B
SA Topsites ::

Videos, Slideshows and Podcasts by Cincopa Wordpress Plugin