Kategorie
Die Weer
             
Advertensies
Casinos in Suid Afrika

Silver Sands casino

Springbok Legendes
                 

Posts Tagged ‘Afrikaans’

postheadericon Distiliseer jou Afrikaans : Voetspore in die sand

voetspore

My voete op die strand in Thailand

Onthou toe jy klein was en op die strand gespeel het… onhou jy al die voetspore op die strand…jou ma het jou gesiggie besmeer met sonskerm dat dit wit is.

Terwyl sy probeer het om dit reg te kry, het jy jou neus opgetrek en oë styf toegeknyp, al is die hele proses nie regtig so erg nie.

Ek het by die see grootgeword, en dit was altyd lekker om by die kombuis venster uit te kyk en die see in die verte te sien. As kind het ek te lekker in die sand gespeel, maar ek was nie altyd mal daaroor om strand toe te gaan nie. Ek’t dit verpes as die wind so teen my bene waai en so seermaak, ouch! Maar oor die algemeen was dit baie lekker om strand toe te gaan.

My ma het toebroodjies en vrugte gepak en dan het ons picnic gaan hou. Ons 4 kinders het sandkastele gebou en mekaar in die sand begrawe.

Een van my gunsteling dinge van die strand was om agter my pa aan te stap en in sy voetspore te stap.

Dan moes ek groot tree gee om hul by te kom. Dit was interessant om te sien hoeveel groter sy voete as myne was, ek het myself daaraan verwonder. En die strand is so vol voetspore, dis snaaks om na die verskillende voetspore te kyk en te sien hoe mense trap ook.

Saam met my pa, agter hom aan  het ons rooi aas gesoek, in die poeletjies rondgeplas en ure op die strand spandeer.

Vandag is my voetspore nie meer so klein nie, maar ek sal steeds agter hom aanstap en een vir een die tree volg.

postheadericon Kanada uit my oogpunt – Winter en Sneeu

Ja, dis waar… die winter in Kanada is nie so sleg nie, die sneeu maak dit die moeite werd.

Daar is stede in Kanada soos Calgary waar dit glad nie so extreme is soos hier in Grande Prairie nie, en.. wel, daar’s plekke waar dit way erger is, soos Yellowknife.  Snaaks dat ‘n plek die naam “yellowknife” het..daar is ook “Medicine Hat”, “Moosejaw” en “Head-smashed-in-buffalo jump”.  No kidding!  Ek kan net die native Indiane hoor met daai accent, “head smashed in buffalo..he jump off cliff, now head smash on rock”.  Dis actually wat gebeur het, so they say.  Baie plekke in Kanada het sulke native Indian name.Om terug te kom na die punt.. dit raak maar vrek koud hier (en sneeu baie).

Die son skyn darem die meeste van die tyd in Kanada, so dis dalk -20C buite, maar die son skyn en die lug is mooi blou, en daar le sneeu orals.

Wanneer dit sneeu in Kanada kan jy jou verwonder daaraan.  Ek sits soms by die venster en staar bloot daarna.  Die klein sneeu flokkies is so mooi en fyn.  Wanneer dit klaar gesneeu het le daar sulke bondeltjies sneeu in die boom in ons voorste erf, en die voeltjies kom eet die rooi bessies van die boom af.  Dan sit die twee katte in die vensterbank en “me-me-me” so vir die voeltjies.  Die katte het nog nooit eers boom geklim nie, so ek weet nie van voels vang nie.  Ek sou hulle graag wou laat boom klim, maar daar is net nie soveel geleentheid daarvoor nie.  Die boom in die agterplaas is so lang dun ene, en die voorste een is ook nou nie die lekkerste klim boom nie.  Daar’s ook nogal verkeer wat voor die huis verby gaan, so ek dink die twee felines is bietjie bang daarvoor.

Dis iets om aan gewoond te raak in Kanada – wanneer die gas verhitting van die huis (‘n furnace noem ons dit) elke 15 minute of so aangaan.

Dit raak al vir ons soos white noise, mens kom nie meer so erg agter as jy hier bly en dit al ervaar het nie, maar vir ‘n nuweling is dit nogal vreemd.  Ek onthou die keer toe ek in Saudi Arabie was (no kidding, ek was regtig daar), toe skrik ek my boeglam toe die een arab oor die luidspreker begin ‘roep’ vir die mense om te gaan bid.  Dit was vroeg, so 05h30 of iets.  Ek dog ons word aangeval of who knows what, maar jeepers, ek’t geskrik!  Darem freak die furnace mens nie so uit nie.

Kanada

Ys patroon

Wanneer dit so week of twee -40C tref, dan vries die vensters op plekke.  Dit maak die mooiste ys kristal patroontjies.  As jy uit gaan, wat mens probeer vermy, dan snak jy behoorlik na jou asem.  Ek onthou die eerste winter toe ek hier was, en seker laas winter ook, het ek so gesnak na my asem en as dit nie gebeur nie, dan hoes mens van die koue.

Ek’s seker die winter kan baie pret wees ook.  Mens moet net sorg dat jy uitkom, en as dit sneeu is dit net soveel meer pret.  Op dae wat die son lekker uit is, en dit so -20C (of minder) is, kan mens gaan ski, snowboard, op ‘n slee ry, cross country ski.. daar’s menigte winter sport aktiwiteite wat mens kan doen, dit hang net van jou, en jou beursie, af.  Ek dink ook vir die kinders wat hier groot word is dit baie lekker om winter te he.  Ek weet my Suid-Afrikaanse neef se 3 seuns is mal oor die winter en sneeu.

Aan die begin van die winter is die paaie maar gevaarlik.  Ook aan die einde, wanneer die sneeu smelt.  Dan is die paaie verskriklik glad.  Wanneer die ys op die pad gevries is noem hulle dit “black ice”.  Manlief het al erg gegly op die paaie wanneer dit so glad is, dan verloor mens beheer oor jou kar en jy gly voort, of jy nou wil of nie, en dis dan wanneer jy hard bid dat niks ergs gebeur nie.  Mens sien ook op erge sneeu dae tussen die stede baie karre wat so in daai middelste area tussen die 2 paaie wat in verskillende rigtings ry ingery het.  (Sjoe ek weet nie of ek dit nou mooi verduidelik het nie?)

In die somer is daar nou weer ander dinge wat nie so lekker is nie.  Die dae is lekker warm, gewoonlik so in die 20C op ‘n lekker dag.  Die son skyn en daar is ook bietjie donderstorms – alhoewel die donderstorms hier kan kompeteer met die Vrystaat sin nie.  Wanneer mens gaan stap, dan moet jy net pasop vir muskiete.  Dis nie klein muskietjies soos wat ons Suid-Afrikaners ken nie, hulle is bietjie groter.  Mens sien soms sulke bondels, donker kolle, …’n swerm muskiete, dis mos ‘n nagmerrie op sy eie!  Wanneer die muskiete ‘byt’ voel jy dit darem nie so erg nie, en dit jeuk minder as wat ons Suid-Afrikaanse muskiete sin jeuk.  Behalwe muskiete is daar ook sulke klein bugs, ek noem hulle “strepies”, want die ding lyk net ‘n klein strepie.  En ek’s nie skaam om te se, ek haat strepies, nie.  Okay fine, ek haat amper alle insekte, maar die strepies is aaklig!  Hulle byt ook!  Wanneer ek en baba gaan stap, dan voel mens net ‘n byt, en as ek kyk, is daar ‘n verdomde strepie op my arm!  Uhg!

Ek’t die ander dag toe ons gaan stap het in die park, 2 eekhoringtjies gesien – die een het die ander een gejaag, dit was so adorable!

sneeu

Sneeu in Mei

So elke seisoen hier het maar sy eie issues.  Lente bestaan nie regtig nie.

Ons winter begin seker so in Oktober en eindig dalk in April, maar die langnaweek in Mei het altyd ook nog sneeu.

Teen Junie kan mens dit waag om ‘n kortbroek te dra en seker plakkies ook.  Julie en Augustus is nogal lekker en mens kan darem die son geniet.

O, moenie vergeet dat dit moontlik is dat hier tornado’s kan wees in die somer nie.  Daar was laas Sondag een – net so entjie Suid van ons dorp.  Dit was darem net ‘n touch-down dink ek – so dit beteken hy’t gevorm en die grond geraak, en toe weer ontbind.

So winters moet jy pasop vir frostbite – dra maar jou earmuffs en mussie, handskoene of mittens – almal lyk maar simpel genoeg en fashion is nie so belangrik hier nie.  En somers moet jy ‘n oortjie oophou vir tornado warnings!

Maar talking about fashion!!  Canadians kan lekker lui mallies wees!  Ek het al baie gesien wat so in die winter (gewoonlik) in ‘n winkel is in hul pajamas!  For real mense!  Dan lyk die man/vrou so deur die blare – duidelik nou net uit die bed geklim en besef daar is nie melk vir koffie nie;  toe spring die siel in die kar en ry winkel toe, so in ‘n dwaal;  daar klim die werfetter uit en koop brood of melk, so in pajamas en pantoffels, sonder dat hy/sy ‘n vinger gelig het om iets aan hul hare te doen, nie gepraat van gesig afspoel of make-up opsit nie.  Ai ai ai, as dit daarby kom kan die Canadians regtig maar by ons Suid-Afrikaners leer.  Ons is 99% van die tyd netjies aangetrek, al gaan jy net gou melk koop.  Maar ons Suid-Afrikaners kan nou weer bietjie aan ons hoogmoed werk.  Ek weet ons is superior, maar ons moet dit nie te ver vat nie okay?  Wel ek skat dit sal anders wees as ons mense die koue moet ervaar.. dalk sal ons dan nie so op mekaar neerkyk nie.

Ek sien so uit na ons vakansie in Suid-Afrika wat kom.  Ek kan nie wag om ‘n nag na die sterre te kyk en die bekende 3 susters te sien, die Suiderkruis, Orion’s belt… Dis vreemd as mens na die sterre kyk en nie weet wat daar bo aangaan nie.  Big dipper?  Huh?  Wat en waar is dit?  Ek sien uit na die reuk van die grond net voor dit gaan reen in Bloem.  Ek sien so uit vir die see sand onder my kaal voete.  En ek sien al in my geestesoog hoe my seuntjie die sand in bondels in sy mond gaan sit en eet!  Kan nie wag om aan die linkerkant te bestuur nie – as ek myself imagine bestuur, dan sien ek dit al dat ek aan die regter kant sit, soos hier…  Ek wil van my trollie afraak as ek dink ek kan weer Afrikaans rondom my hoor!  En die familie is die beste!  Sien verskriklik uit om hulle almal weer te sien.  En wow, Desember is dit Geloftedag!  So yay!  Ek kan nie wag vir die geloftekamp nie!!  Ek werk myself nou op, daar’s nog 2 maande oor voor die laaang vlugte huis toe.. vasbyt self!

Sjoe, dis ‘n mondvol!  Nog van Kanada en al die ditjies en datjies hier volgende keer wanneer ek weer ‘n brain spark gehad het.  :P

Sal sien of ek hierdie jaar ‘n groot sneeu man kan bou!

postheadericon Die moffie op my bank

Moffie Hierdie naweek was anders as ons gewone lui lekker Saterdae en Sondae, daar was ‘n moffie op ons couch!

Vrydag oggend het ek na my couchsurfing profile gaan kyk, en daar sien ek ons het ‘n “couch request”. Gaan kyk bietjie – ek het al ‘n artikel geskryf oor couchsurfing.

Ek’t na die meneertjie se profile gaan kyk.  Hy’t nie veel verwysings gehad nie omdat hy nuut is aan couchsurfing, maar darem een verwysing van ‘n paartjie in die dorp.  Die arme ou het al ‘n aand in ‘n homeless shelter geslaap omdat ek nog nie sy versoek vir slaapplek gesien het nie.  Ek het hom so jammer gekry en toe besluit ons om hom maar so 2 aande te huisves.

Aan die negatiewe kant is die mannetjie ‘n moffie,

en ons is nogal meer regs as wat ons links en liberaal is, so die moffie besigheid is nou nie juis oulik vir ons nie.  So ten spyte van sy moffie-karaktertrekke en voorkoms het hy toe Vrydag aand hier opgedaag…o wag, Willem (en hy like glad nie ‘n moffie nie) het hom gaan haal – nog ‘n guns van ons kant.

Ek het vir hom ‘n stuk herderspastei, wat ek laas week gevries het , ondooi, so hy’t darem ‘n lekker ete gehad ook.  Terwyl Willem weg was het ek die ekstra duvet en kussing oorgetrek en die opblaas matras in die spaar kamer netjies gemaak en ‘n handdoek vir hom neergele.

Die moffie is nogal ‘n skaam ou.

Hy is stil en nadat ons gese het hy mag maar ons een laptop gebruik (en die internet natuurlik) het hy baie tyd op die rekenaar spandeer.  So erg dat ek nie na my e-pos kon kyk wanneer ek wou nie.  Maar ek moet se, hy was darem nie so erg nie.  Hy’s vriendelik en het darem een keer aangebied om te help met skottelgoed.

Saterdag was ek en manlief park toe met die baba.  Ons het maar net bietjie vars lug gekry, onder ‘n boom gesit en met ons seuntjie gespeel en gesels.  Ons het die moffie by die huis gelos – hy was oppad om by ‘n “maatjie” te gaan kuier.  Nadat ons ook ‘n draai by die winkeltjie hier naby gemaak het, is ons terug by die huis, en die moffie was nogsteeds hier.  Hy was besig in die badkamer, en hy’t langer as ‘n meisie gevat, hahaha!

Verder was Saterdag maar vervelig.  Sondag het die moffie weer eers seker 12h00 op, eers sy tyd in die badkamer spandeer, en daarna weer by sy maatjie gaan kuier.  Ons vra hom toe of hy by sy maat gaan gaan bly, soos wat hy gese het hy gaan.  Hy sal by hom hoor, se hy toe.  Ons het in spanning by die huis gewag, en erg gehoop dat die mof net die pad sal vat, maar ons wou hom ook darem nie op die straat sit nie.

Sondag aand het hy by die huis gekom en aangegaan asof dit ons reeling was dat hy die aand hier slaap.  Uindelik vra ek vir hom, beplan hy om die aand hier te slaap?  Ja, se hy, en se ewe, as dit reg is ens.  Hy se toe dat hy op die laaste Dinsdag sal loop, met ander woorde, nog ‘n aand…ai!  Ek’t maar gese dis reg, ek wil darem nie he hy moet glad nie ‘n plek he om te slaap nie.

Ek moet erken…Maandag middag, toe die moffie moeg was omdat hy super laat gaan slaap het die vorige aand (weer heeltyd op die internet spandeer), en hy ‘n middag slapie gevat het, het ek my kamer deur oopgehou en nie omgegee dat die baba besig was om te huil nie.  Klein babatjie het gehuil omdat hy moegels was, en dit is tog ons huis… ek doen klaar genoeg…’n klein bietjie huil om hom (die mof) dalk bietjie langer wakker te sal hom dalk meer aanmoedig om die pad te vat.

Terwyl Mev. Moffie by ons gebly het, het hy sy handdoek heeltyd in ‘n bondel in sy kamer laat le en nie een keer sy bed opgemaak nie.  Hy gee moffies ‘n slegte naam!  Ek dog “hulle” is so netjies…  En ek het mos klaar ‘n man wie se sokkies ek moet optel en koffie koppies ek kombuis toe dra (met liefde natuurlik), maar ek het regtig nie nog so iemand nodig nie, veral nie nadat ek reeds die klein baba het om ook voor te sorg.  Moffie het ook nie die bad gewas nadat hy daarin baljaar het nie, wat het fout gegaan met die wesen?

Na sy besoek het ek my inligting op my profile van couchsurfing bietjie verander, gespesifiseer.  Dit pla my nou nie regtig as iemand nie hul bed opmaak nie, ek weet mens is net nie altyd lus nie – maar dan kan mens ten minste jou kamer deur toe hou, want wow, sy kamer was ‘n gemors gewees.

Volgende keer sal my gas net 2 nagte kan bly, heel moontlik, tensy daar ‘n uitsondering is.  Geen meer moffies nie!  Dit is een ding waarvan ek ook seker is.  Ek kan nie daai “aksent” en “houding” hanteer nie, dit maak my naar om rondom dit te wees!

So my raad op die ou end van die dag is :  pasop wie jy op jou couch laat slaap, en maak seker mense verstaan mooi wat jy toelaat in jou huis, sodat hulle nie ‘n spons word wat die lewende water uit jou liggaam uitsuig nie.

Okay, die moffie was nie te bad nie!

postheadericon Distiliseer jou Afrikaans

Afrikaans

Hello mense!   Dis ‘n baie groot uitdaging om deesdae my taal suiwer te hou, dus het ek besluit om ‘n reeks artikels te begin waarin ek suiwer Afrikaans sal skryf.

Hiermee hoop ek om my taal te verbeter, buiten die feit dat ek dit sal geniet om te weet mense lees my artikels – so skryf asseblief iets hieroor by die opmerking gedeelte hier onder.

Afrikaans is eintlik so ‘n mooi taal.

Ons vergeet dit seker partykeer.  Ons gebruik eerder die Engels vir, byvoorbeeld, spek en moordwalvis en witdoodshaai.  En soms as mens dan daai woorde hoor, klink dit sommer snaaks, en dalk vreemd.  Ons vergeet van die mooi woorde wat ons het.  Ek wonder of appelliefie net so mooi woord is in enige ander taal.  Wat van appelkosie of die woord broos?   Is dit nie net besonders nie?!

Baie mense, soos ek ook maar, meng Afrikaans so met Engels deesdae, dis ‘n gruwelike ding as mens dit hoor.   Ek is maar bleddie skuldig hiervan, want ek meng dit nie net met Engels nie, maar soms is daar ‘n Franse of Spanse sin of woord so tussen die Afrikaans en Engels.   My oupa het altyd, en sal nou nog, vir my so kyk gee en dan my Engelse woord in Afrikaans vir my sê, en dan sal ek vinnig my fout regstel, want ek kan nie die ou man ontstel nie.   En as jy wonder, ja, dit sal hom ontstel as ek so praat, die gemengery.   Ek probeer maar altyd in sy geselskap my taal suiwer hou, en dit het al snaaks geword eintlik, want ek en my suster sal ‘n uiters Afrikaanse woord dan gebruik wat ons gewoonlik maar net Engels gebruik.  Dan gee ons ook vir mekaar so kyk, en asof ons telepaties vir mekaar se:   “Het jy gehoor wat ek nou net gesê het? Hahaha!”

So praat my ma van fraai en as iets dalk uit haar hande glip (of so iets), dan sê sy:  “O koekies!”.  Snaaks nê!   Wel ek’t myself al geleer om nie te vloek as ek iets laat val nie, en nou sê ek:  “O gits!” as ek iets laat val (of so iets).   Dit is nogal iets.

Ek’t nou nou iets gesê van my oupa, en toe laat dit my dink aan een keer so paar jaar gelede:   Hy en my ouma het so half “vasgesit” (ek wil nie die woord stry gebruik nie want dis ernstig) – sy’t die woord taai gebruik, en hy’t gesê:   “Dis nie taai nie, dis klewerig.”  Die twee is maar dieselfde as jy my vra, en daai tyd het ek en my suster ook mekaar “die kyk” gegee daaroor.

Dalk as ons meer oplet na ons Afrikaans sal die taal nie so half op die uitsterf staan nie.   Ek glo nie dit sal uitsterf nie…dalk is dit besig om te ontwikkel en word ‘n “nuwe Afrikaans” gevorm, en dan kyk ons terug en is die ou Afrikaans amper soos..ek weet nie, soos toe die voortrekkers nog Afrikaans gepraat het.   Wel in elk geval, ek dink ons moet ‘n poging aanwend om ons taal te bewaar en darem bietjie op te let na die mooi woorde wat ons het.

Afrikaans is darem ‘n mooi taal!

postheadericon Afrikaanse gedigte

Hierdie is een van my Afrikaanse gedigte. Wat dink julle daarvan?

Ek en die gogga

Daar kruip ‘n swart gogga oor die mat
Hy soek na iets, maar wie weet wat…
Hy wyk eers na links, en dan na regs,
dan draai hy om, dalk ruik hy iets slegs…

Die gogga klim nou op teen die stoel
en piets ek hom af, sien ek hoe hy kriejoel.
Hy le op sy ruggie, ek kyk hoe hy sukkel -
hy kriewel en woel en dis ‘n groot gewikkel.

Ek vat ‘n papiertjie en help hom op -
nou le hy nie meer op sy swart dop.
“Kom ons gaan speel buite in die gras
en jy kan maar klim, teen die boom bas.”

Like julle SAskopgat.com?
As julle van ons webwerf hou, druk asb die "like" knoppie hieronder. Ons waardeer dit baie! Arrow
Bok van Blerk
                
Tags
Sluit aan by ons nuusbrief
   YouInsure
 Top Car Insurance    Glenrand M·I·B
SA Topsites ::

Videos, Slideshows and Podcasts by Cincopa Wordpress Plugin