Posts Tagged ‘Leer ‘n Franse woord elke dag’
Leer ‘n Franse woord elke dag #19 : la toilette
La toilette : Die badkamer / The washroom
Uitspraak : les – ‘le’ soos in “lem”; toi – twa, lettes – let. Dus: le-twa-let
Klem : les toiLETte
Gebruik : Ou est la toilette? Waar is die badkamer? Where is the washroom?
Luister : hier
Leer ‘n Franse woord elke dag #18 : la gare
Soos ons #17 is vandag se woord ook ‘n plek wat belangrik is vir wanneer jy reis. Gebruik dit saam met #15, “ou est” (Waar is..)
La gare : Die stasie / The station
Uitspraak : la – ‘la’ soos in “oe-lala!”; gare – die ‘g’ word gese soos in die woord ‘golf’, en die ‘e’ word nie uitgespreek nie, so dis, “gar” soos Gardenias
Klem : la GAre
Gebruik : Ou est la gare? Waar is die trein stasie? Where is the train station?
Luister : la gare en gare
Leer ‘n Franse woord elke dag #17 : l’aéroport
Gaan kyk na ons woord #15 – daar sal jy sien hoe om “ou est” uit te spreek sodat jy kan vra “Waar is…”, en dan sit ons die woord van vandag agter aan, byvoorbeeld.
l’aéroport : die lughawe / the airport
Uitspraak : l – soos ‘l’ in ‘lem’; aer – “air” met ‘n Franse “r” of soos die woord “ai” en dan met ‘n ‘r’; o – soos drom; port – “por” met ‘n Franse “r”; so dis: l-air-o-por of l-ai-ro-por
Klem : l’AERoport
Gebruik : Ou est l’aeroport? Waar is die lughawe? Where is the airport?
Luister daarna: l’aéroport of aéroport
Soos jy kan sien is daar ‘n ‘l’ vooraan die woord “aéroport” (wat ‘lughawe’ beteken). Die ‘l’ is van die woord “la (vir vroulike woorde) le (vir manlike woorde) – albei is enkelvoudig; en dan “les” vir meervroud. omdat die woord aéroport met ‘n ‘a’ begin sal dus ons nie skryf – le aéroport – nie.
Leer ‘n Franse woord #16 : au revoir
Au revoir : Totsiens / Goodbye
Uitspraak : ”au” – soos die Engelse woord “awe” of die ‘au’ in die naam “Audrey”; ”re” – “re”; ”voir” – “w” (wol) en nog ‘n “w” maar die een is soos in die Engelse woord “wall” en dan ‘ar’ – so dis “w-w-ar”
Klem : au reVOIR
Gebruik : Au revoir mon cheri! Totsiens my liefling! Goodbye my darling!
Luister hier, hier of hier
Leer ‘n Franse woord elke dag #15 : où est…
où est : waar is… / where is…
Uitspraak : où : “oe” (soos in oe-lala); est – “e” (soos die ‘e’ in die Engelse woord ‘elephant’)
Klem : OU est
Gebruik : Où est le swimming pool? Waar is die swembad? Where is the swimming pool?
Click op “où est” bo om daarna te luister.










