Posts Tagged ‘Saudi Arabie’
Wat’s nuut deesdae…
Ek’t lanklaas iets geskryf, so dis sulke tyd – tyd om my fingers op die keyboard te sit en my random thoughts op “papier” te sit. Manlief maak koffie, en daar smelt ‘n lindt chocolate in my mond, kleintjie doedoe lekker, so ek’t nie ‘n verskoning nie.
Vandag het Reinhardt met sy Ouma in Saudi Arabie ge-skype. Hy’s die 3de Oktober 6 maande oud gewees – kan nie glo ‘n halwe jaar is al verby nie! Tyd vlieg nie, want mens sien goed wat vlieg – tyd teleport. Hy groei so vinnig – hy leopard crawl al! En hy sit nou al so mooi!
Nog net so paar weke oor dan vlieg ons Suid-Afrika toe. Ek’s nie seker hoe ek en Reinhardt alleen die lang vlugte gaan maak nie… ons sal net moet. Dis 10 ure van Calgary af Londen toe, dan 8 ure layover in Londen, en dan nog ‘n 11 uur vlug. dan is ons in Suid-Afrika. Dan nog ‘n uur se binnelandse vlug. Ek hoop maar Reinhardt gaan slaap terwyl ons vlieg, anders weet ek nie hoe ek dit gaan oorleef nie.
Verder gebeur daar nie soveel dinge op die stadium nie. Dis nou herfs hier in Kanada. Dis maar lekker koel in die oggende en aande, en ek en Willem het al die Aurora Borealis gesien, baie liggies. Die winter gaan ek definitief uitkyk daarvoor. Maar ek’s so bly ek en Reinie gaan darem 2 maande somer he en daai 2 maande se yskoue Kanada-winter mis. Dankie tog!
Herf is mooi hier. Die bome is rooi, geel, oranje en daar’s ook die immergroenes. Ek moet nog ‘n foto neem. Is so lus om ‘n fliek te kyk, of ‘n wax te gaan kry, of my hare te laat kleur. Ek mis dit, maar dit wag nou maar vir SA. *gaap* Nou nou wys America’s next top model, yay!
Suid-Afrika vs. Buiteland
Was nou die anner dag weer in Suid-Afrika, en julle klomp wat in Suid-Afrika bly weet nie waarvan julle praat wanneer julle so teen die ouens praat wat in die buiteland bly, oftewel ex-pats, nie.
Sommer net die lekkerste om te ry, waar jy weet almal darem nog reg ry soos ons geleer het, was ‘n paradys. O ja, so terloops, ek is ‘n Saudi Arabië ex-pat. Maar dis wragtig nie sports om hier te werk nie, ek beloof julle.
Vandag so half-nege gou–gou dorp toe gery om vinnig tamaties te koop. Daar is so paar groot thermometers op verskeie strategiese plekke opgerig wat die tyd en datum en tempratuur vir mens wys. Daai digital goeters. En toe was die temperatuur darem net 49 grade C. Jip, ek maak nie n fout nie, en ek is ook nie dronk nie. Dis wat dit nou is, so in die dag. So terloops, hier is ook geen drank te kry nie. Dis die main Islam staat in die Midde Ooste. Miskien ook goed want baie mense se koppe sal heeltemal uit haak.
O ja, laat ek terugkom na daai ding wat die ouens sê dis so lekker om in ander lande te werk. Dis die grootste klomp strooi wat mens kan uitdink.
Dink eerder dat ons hier werk om vir ons mense te sorg in Suid-Afrika.
Ja man, elke maand stroom daar seker n klomp miljoen dollars na Suid-Afrika, afkomstig van al die mense wat so oorsee werk. En dit is wat die ekonomie ‘n lekker hupstoot gee.
Maar OK, dis die lekker kant, maar net soos die ouens wat in Suid-Afrika werk, is elke maand se pay tog waarvoor ons so suffer.
Maar kom ons dink bietjie verder. Nou kan ons nie net sommer n braai hou of n bier gaan drink en ons sê, vrinne en vyande nooi nie. Nee, want ons sit mos êrens tussen Moerlandspan en Gatjiekol. Ons kan nie sommer vir Ma en Pa of Boet ens. die hele garde gaan kuier en ‘n vinnige koffietjie drink nie. Nee, ons is bleddie ver! So ons sit maar en wag vir die volgende vakansie, dikbek maar sien uit en bid sommer meer. Maar aan die ander kant (die lekker ene) sien ek nou meer van my familie wanneer ek gaan kuier want ek maak ‘n punt daarvan om hulle te gaan sien. Jy sien, mens besef ook so in die buiteland, dat elke keer wanneer jy jou mense sien, kan dit die laaste sien wees. En dis nie dat dit net ‘n bekommernis is nie, dit gebeur.
So is ons buitelandse Suid-Afrikaners, nogsteeds in die land. Is maar dieselfde as wat ‘n ou in ‘n ander stad gaan werk, soos Johannesburg en jou mense bly in die Baai. Ek weet in elk geval daar is baie mense wat in dieselfde stad bly en minder by hul familie uitkom. En dan het ons maar net geleer om meer te bid vir ons en onse mense wat ook ver is. Partykeer besef ons hoe belangrik ons mense is vir ons siel.





