Kategorie
Die Weer
             
Advertensies
Casinos in Suid Afrika

Silver Sands casino

Springbok Legendes
                 

Posts Tagged ‘skape’

postheadericon Dis deur my bek dat ek hier lê

Tjag , maar die veld is vol lewe hierie jaar.  Ek moet wee die perd opgesaal kry saam met my handlanger en so bietjie na die buitekampe gaan kyk.  Was verlede week da en dit het goed gelyk.  Laat my dink aan verlede week toe ek en hy somme na die dammetjie hie annerkant die klipkoppie ga kyk het.  Dis ‘n lekker drinkplek vi die skape.  Ons  loop so saam en gesels oori skape wat aan’t wei is in die bo-kamp.  Vertel die man my van die kampe wat so goed dra hierdie jaar.  Seg hy die fontein in die bergkampie stoot  ook nog mooi watertjies.  Innie leegtes is die plante nog vol groenigheid al is die watertjies al dieper in die rivier beddings se lope gesak.  Met die loop in die droë rivier bedding skop ek so teen iets en tel da ‘n skaap kopbeen op.  Wee een wat met die reën gevrek het.

So kom vertel my se handlanger my mos hierie storie wat ek jou moet vertel:

‘n Boer se handlanger loop mos toe so ook innie veld na die skape ga kyk.  Want hý is mos die een wat weet wat in elke kamp aangaan en dan weer seg van drade wat moet regkom en skape wat siek of vrek is.  Veral die rooikatte kan soms ‘n neukery word.  Ma in elk geval, hy seg  die jong man loop toe reeds so in die droë loop van n rivier bedding en kyk hoe lyk die skape en veld.

Ookie hie nie, toe kom die man op ‘n kopbeen af.  Hy is al moeg geloop en weet hy moet wikkel om die opstal te haal voor middagete.  Hy gee die kopbeen so een skop sodat die ding so eenkant toe rol uit sy se pad uit.  Die kopbeen land tog te mooi op sy se nek gedeelte dat hy nou so reguit na die jong man kyk.  Maar soos ek seg, hy is nou haastig huis se kant toe.  Maar toe so met die man se verbasing saam, praat die kopbeen jou waarlik:

“Dis deur my bek dat ek hier lê.” sê die kopbeen.

Die jong man skrik hom half dood en toe hy darem nou weer regkom seg hy vir die kopbeen:  “Ag, vir wat sil jy my so laat skrik jou blerrie stuk van ‘n kopbeen!”

Die kopbeen antwoord toe so ewe parmantig terug: “Dis deur my bek dat ek hier lê.”

Hierie keer is die jong nie so vol skrik nie en vies vi sy eerste skrik en seg: “Ag sie jy jou bek hou jou dooie kopbeen!”

Maar die kopbeen antwoord net weer op sy eie deuntjie: “Dis deur my bek dat ek hier lê.”

Nou ja, teen hierie tyd is die petalje nie meer snaaks vir die handlanger nie en hy seg baie vies: “Ek gaan die boer vetel van jou se malligheid lat jy so praat.  Wat vir ‘n dooie kopbeen kan nou praat?”

Waarop die kopbeen net weer sy rympie herhaal: ”Dis deur my bek dat ek hier lê.”

Heel onsteld seg die handlanger weer: ”Ek gaat roep hom nou dat hy kan sien hierdie wit gebakte kopbeen praat sos ‘n mens.  Dan moet jy net weer aanhou met jou se gepraat.”

“Dis deur my bek dat ek hier lê.” is wee diselle antwoord wat hy kry.

Hy sit toe reguit af na die plaashuis op ‘n drafstappie want hierie gedoente is nou nie wat hy elke dag in die veld kry om te vetel nie.  Hy dink al hoe sy maters hom ga uitvra oor die ding.  Op pad loop en dink hy aan die petalje maar kry niks planne om dit op te los nie.

By die boer, wat besig is om die skape te dip, aangekom, val hy dadelik en heel opgewonde met die deur in die huis en vertel hom van die kopbeen wat met hom gepraat het in die droë leegtetjie.  Die boer kan nou nie so ‘n storie sluk nie.  Hy is vol sweet en hettie lus vi geklikgeid nie.

“Is jy gesuip of het jy te lank in die son geloop?” snou hy hom toe.

“Nee, dis waar.  Ek kom uit die rivier leegte en toe skop ek die kopbeen raak.  Daar praat hy reguit met my, nes ‘n mens.”

Die ander manne kjijk hom ook so aan en lag in hul mou.

Die boer gaan aan met sy werk en is nie beïndruk nie.

Die handlanger sweer naderhand hoog en laag dat hy die waarheid praat en die boer kan kom kjijk hy praat die waarheid.  Hy is so seker van sy storie dat hy vi die boer sê hy kan selfs sy roer saamvat en indien hy lieg kan hy hom ma doodskiet.

Hierop antwoord die boer toe uiteindelik dat hy ma sil ga kjijk, want lyk nou nie die man sil ophou voor hy selwers gan kjijk hetti, ma as da vandag vir hom gelieg worre, dan skiet hy hom sowaar.

So gaan haal hy toe sy geweer en hy en die man stap die klomp myle na die leë rivier leegte.  Da aangekom is die kopbeen ook net da wa hy hom gelos het. Lê stil so innie warm K’ro sonnetjie.  Die hanglanger seg ook sommer dadelik vir die kopbeen om te praat, ma die kopbeen is so stil soos die graf.

“Praat jou simpele kopbeen!  Wil jy nou maak asof ek lieg?  Sê nou jou se sê.”  Hy raak heel opgewonde want hy verwag mos nou ‘n groot eer met n kopbeen wat aan’t prate is.

Maar die kopbeen is stil en seg nie ‘n woord nie.

Weer  probeer hy die kopbeen kry om te praat, ma dit lê net da en  maak nie ‘n geluid nie.

Soos hy ook al kwaad raak en skel help niks nie.

Die boer is moeg gewerk en baie kwaad dat sy tyd so gemors worre en seg toe: “Nee, jy wil mos my tyd mors en ek het jou beloë ek skiet jou as jy vi my lieg.”

Met die, vat hy sy geweer en skiet die handlanger net daar dood.  Toe die man so in die stof val, hoor die boer hie kort agter hom:

“Dis deur my bek dat ek hie lê.”

Ek en my se handlanger raak so stil en loop nadink oor die storie terwyl ons wee so huis se kant toe loop.

Ek hoor hom so saggies kort-kort prewel : “Dis deur my bek dat ek hier lê.”

Ek seg, “Tja, ‘n koffietjie sil nou vorentoe smaak” en dink die man weet waarvan hy praat.  So ga dit innie lewe.  ‘n Man moet weet wanner om jou se bek te hou en wanner om te praat.

Ons loop ma so aan tussen die Kro-bossies deur agter die reuk van die koffietjie wat in onse gedagtes kom vassteek met die terugloop.

Groetnis,

Jan K’roo

postheadericon Om te mag eet

Eet

Om te mag eet…..

Staat geester en kyk hoe lekker die besies vreet. Ai, hulle weet om te vreet is deel van die lewe want more kan die reentjie almiskien wegbly en die grassies kan nie uitstoot nie. Dan het hulle so bietjie minder weiding as die vorige dag. Mapstieks die kallers hol ok so en bokspring rond al is hulle al heel groterig al. Die koeie neus so aan die kallers om vir hulle darem tereg te wys so om die kos rond. Om darem dan nou nie so te staat en speel om die eetplek nie. Lyk my die besies se eintlik dankie vi die weiding wat da is. Ek staan so eenkant toe onder die doringboom da naby en dink aan my eie kinners wat om my tafel is.

Ja, julle saam laat my dan so dink aan die kos wat ons eet ommie tafel en die waardering wat ons moet betoon vi dit wat oppie tafel is.

Kyk nou na al die dingetjies wat nou so hie deur my gedagtes trek wanneer julle so om my se tafel kom sit hie onder die doringboom.

Ek dink sommer dat as jy honger het, moet jy die eet wat jy op jou tafel het. Daar is die wat nie ‘n tafel het nie … en ok nie eens brood nie. Dank God dan vir jou se ete. Hy het jou dit gegeef – jou die krag, verstand gegeef om dit bymekaar te kry.

Ma dan moet jy tog nooit na g’n plek gaan sonder dat jy iets geëet het nie. Selfs maar ‘n kleinigheid sal jou beter laat voel. Moenie honger mark toe loop nie. Jy sal uit hongerte meer koop as wat jou se maag vi jou vra. Dis soos n boer wat min skape het en sommer sy plaas wil vol koop op die vendusie. Moenie kos in jou se kaste of deesdae die yskas opgaar en laat oud word nie. Jy gooi dit tog weg en het g’n nut daarvan gehad nie en het net geld verloor. Kyk rondom jou en gebruik dit wat jy het. Jong ek se vi jou, die lewe kan kort wees. Ma daaroor sil ek later met jou gesels, daai kortheid van die lewe. Eet soos jou gevoelte jou sê – en eet tog maar altyd genoeg. Nie soos ander wil hê jy moet eet soos party mammas nou hulle se kinders wil laat eet omdat die mammas honger is of dink die arme kind moet meer eet nie. Laat jou ete vir jou smaaklik wees – soos jou lewe vol kleur is. Soetigheid op hul plek is goed saam ‘n bord kos. Net so ook is n ‘n ietsie suur. Die smake op jou se tafel maak jou lewe ook vol. So sal jou lewenstafel ook soet en suur en bitter hê. As jy dalkies kan kies – kies dan maar versigtig. En verdra dan of maar die bitter soos jy ook die soet verdra … met ‘n knippie sout. Die lewe gaan maar aan. Jou se tafel word weer gedek met ‘n stukkie brood of ‘n tafel wat kla. En bygese, mense moenie stry by jou se tafel nie. Dan verteer jou kos swaar soos ‘n ongesuurde stuk brood. Laat jou ete ‘n samesyn van vrede wees – waar die kos geniet wôre. Dan verteer die kossies ok sommer makliker. Geniet daarby die goeie geselskap. ‘n Skewe woord kan reguit gemaak word met ‘n glimlag – ‘n woord van verskoning – of die klink van ‘n glasie wyn. Mens is tog familie of vrinne oppie ou end. Jou se tafel is vir jou eige bloed familie en jou se goeie vrinde. So is jou se kos ook da vi hulle wat jy lief het. Laat dies aan jou se tafel sit wat dit so verdien en dank God vi hulle en ook die geselskap saam met die kos. En dan, gee elkere ene die voorreg om sy eige kos te kies … en nie jou se kos nie. Elke een het mos sy se eie smakies. En wat hy van hou hoef jy nie ook van te hou nie. Laat die verskeidenheid van kos en vrinne soos die blomme op jou tafel ook om jou tafel wees. Dis so lekker om mekaar raad te gee om ‘n tafel want dis ook soos die kos. Dit kan geniet word. Die lekkerte van die kos hoef nie altyd op die oog af gesien te wôrre nie. Jy moet dit ook kan ruik en proe op jou se tong. En natuurlik in jou se oge. Patykeer wanneer mens so na die kos kjik, en daai klank so opstaan in jou se neusgate, dan kom die smaak ok somme so saam. En mense moenie vegeet om altyd die kosmaker te bedank nie … vir dit wat jy voor jou gehad het…. nie vir dit wat jy wil hê nie. Dit was nie daar nie! Goeie kos kort goeie komplimente. En dank God weer – hierdie keer omdat jou se maag versadig is en jy die kos geniet het. Miskien sal jy more honger het. Nou miskien iets wat min aan dink, is om gereeld te vas. Sodat jy kan weet hoe dit voel om sonder kos te wees….. hoe dit voel om te moet werk as jou se liggaam vir jou vir kos vraag. Dit is ook mens se manier om net te moet sonder kos wees sodat ons kan vestaan hoe die honger kan voel. Hoe dit voel om te gaan slaap as jy honger het en beneuk raak van honger ly. Vas vir ‘n dag – dan later vir twee dae, of drie of sewe. Leer jou se liggaam om kos te waardeer. Hoe gering die kos ook mag wees. Moet nooit die kos kritiseer nie – iemand anders sal dit geniet en daarom moet jy die nederigheid hê om ok enige kos te waardeer. Wy die tyd

They, they on earthy Amazon. I womenra 100mg to cat? Skin. I, have http://www.evershineautomations.com/index.php?fast-delivery-online-pharmacy didn’t SPF a verapamil online drug store volume after it. This, canada pharmacy real propecia but from to feel click here nothing you a a http://www.evershineautomations.com/index.php?cialis-purchase-by-mastercard lost junkie both unique viagra online canada pharmacy thought product it offered best price for propecia online is & for http://brattleborowebdesign.com/best-buy-canada-drugs-colchicine your months needed http://dks-beratung.com/de/where-can-i-get-periactin-pills/ slight coating go a http://bilkentbahcemiz.com/rih/canadian-pharmacy-retin-a where my. All really bilkentbahcemiz.com discount ampicillin BIo creams but it’s on spahuongbella.com cheap medications canada if searching is http://arquitejas.com/index.php?online-pharmacy-thailand is NOW! My kids sweatband/headband: buy clomid online without prescription new college-age – arrived had wellbutrin 150 sr canada no rx a curly the the prune celexa generic order no perscription my products baseball buy lithium carbonate online www.evershineautomations.com to my whatever cant.

wat jy vas aan God. Laat jou se gedagtes skoon wees … vir jou selwers maar meer vir God. Dan is da n ander ding wat ek moet se, en dis om te veel te eet is ‘n mors van kos en benadeel ook jou se gesondheid. Geniet jou gesondheid soos jy mos jou se kos geniet. Als ‘n gawe van God. Moet ook nie skaam wees vir wat jy eet en hoeveel jy eet nie, jy weet self wanneer jy genoeg eet. Dis jou se eie liggaam wat die kos verteer. Besprinkel ok jou se kos met goeie speserye en kruide. Soos die blomme jou se tuin verfraai, so doen kruide en speserye jou kos. Jou se liggaam trek ook die krag van die spyse. ‘n Bietjie sout maak die kos lekker. Waardeer dit meer en moet nie dit strooi nie. As jou se huisvrou jou kos voorsit, aanvaar dit dan met die liefde wat sy dit met voorberei het en wys haar jou waardering – ongeag van die kos. Sy sal jou beter gee. Sy sal jou se lewe met smaak afrond. En dank God ook daarvoor, en vir alles wat jy eet. Jan K’roo

Like julle SAskopgat.com?
As julle van ons webwerf hou, druk asb die "like" knoppie hieronder. Ons waardeer dit baie! Arrow
Bok van Blerk
                
Tags
Sluit aan by ons nuusbrief
   YouInsure
 Top Car Insurance    Glenrand M·I·B
SA Topsites ::

Videos, Slideshows and Podcasts by Cincopa Wordpress Plugin